
Ons nooi individue en besighede uit om ons Kersgeskenk inisiatief vir ouer mense in ouetehuise te ondersteun. Die wyse waarop die publiek betrokke kan raak is deur middel van finansiële bydraes, grootskaal skenkings, of selfs net jou tyd te skenk. Kontak ons vir meer inligting oor hoe jou besigheid kan bydra.

Ons waardeer ons landswye netwerk van vrywilligers se hulp in ons Kersgeskenkprojek. Hulle bedien die bejaardes in verskeie dorpe met hulle geskenke. Word gerus deel van ons netwerk as jy kans sien vir so ‘n projek in jou area.

Om soveel as moontlik Oumas en Oupas met ‘n geskenk te bederwe, volgens hulle eie begeertes, oor hierdie Kersseisoen, deur middel van skenkings, borge en vrywilligers se hulp.
Een van ons grootste doelwitte is om die volgende generasie die noodsaaklikheid te leer om vir ons ouer geslagte om te gee en die impak wat hulle kan maak deur liefde en vriendelikheid te betoon.
In baie gevalle is die Oumas en Oupas by die ouetehuise agtergelaat en word daar van hulle vergeet. Dit is ons missie om te verseker dat hulle geliefd en versorg voel.
Deur finansies te skenk kan ons jou geskenk maak wat na ‘n ouma of oupa toe kan gaan. Die vreugde en hoop wat hierdie klein geskenkies vir ons bejaardes bring, is van onskatbare waarde. Dankie dat u oorweeg om ons finansieel te help met hierdie groot projek.
Dra jou steentjie by deur finansiële ondersteuning te bied vir ons Kersgeskenkprojek vir bejaardes in ouetehuise. Jou bydrae help om ‘n vreugdevolle Kerservaring te verseker en versprei die gees van omgee gedurende die feesseisoen.
Jy kan betrokke raak deur hulp aan te bied rondom verwerking van logistiek ten opsigte van vervoer, bediening, verpakking, administrasie of beplanning. Jou bydrae verbeter ons vermoë om Kersgeskenke aan bejaardes te skenk en ‘n stralende Kerservaring te skep. Kom deel jou vaardighede en tyd om saam ‘n impak te maak en om omgee te bevorder.
As projek-ambassadeur kan jy ons Kersgeskenk-inisiatief vir bejaardes verteenwoordig. Deel die impak daarvan in jou gemeenskap, motiveer ander om betrokke te raak, en help om ‘n positiewe Kersboodskap van omgee te versprei. Jou bydrae as ambassadeur kan ‘n wesenlike verskil maak in die sukses van die projek.
























